Thursday 15 December 2011

Likwidasie, Sharemax of PicVest

Verskeie dreigemente van likwidasie aansoeke  is op baie aandeelhouers van Sharemax en PicVest se lippe. Die beleggers het hoofsaaklik in ‘n inkomste produk belê, en is afhanklik van die maandelikse inkomste uit hierdie sindikasie beleggings.

Ons is ook bewus daarvan dat beide hierdie twee skemas alle pogings aanwend om likwidasie te vermy, en ek dink ons moet vir ‘n oomblik stilstaan en vra hoekom.
Ek dink ons moet eers die likwidasie proses verstaan voordat ons bogenoemde vraag probeer beantwoord.

‘n Likwidateur of prokureur het net een belegger nodig om ‘n aansoek te loods teen ‘n spesifieke sindikasie. Die aansoek word ingedien en die sindikasie wat in ‘n spesifieke regsentiteit is kry die geleentheid om die aansoek teen te staan.

So die aansoek is nie teen Sharemax of PicVest gerig nie maar teen die maatskappy waaring die gebou gesindikeer is.Sharemax en PicVest was slegs die fasiliteerdeer en besit nie aandele in die gebou en of die regsentiteit waarin die sindikasie plaasgevind het nie.

Mense dink verkeerdelik dat hulle by Sharemax of Picvest geld belê het.
Die belegger het direk in ‘n spesifieke maatskappy belê wat ‘n afsonderlike regsentiteit is van Sharemax of PicVest.Die prospektus sal ook aandui dat hulle slegs die promoter was van die sindikasie.

Die meeste van die geboue se waarde is minder as die bedrag waarvoor die sindikasie waarde was. Maar met goenoeg tyd toegelaat sal die geboue onder die regte bestuur wel kapitaal groei bereik.Onthou die belegging was geskoei op die inkomste stroom van die sentrum en nie die baksteen waarde nie.

As gevolg van die ekonomie het huurders ook begin swaarkry en sukkel om die huur te betaal.Indien ‘n likwidasie aansoek suksesvol is, word daar na die baksteenwaarde gekyk en die beleggers gaan verloor. Die enigste persone wat werklik geld gaan maak met die likwidasie is die likwidateurs.

As ons kyk na vorige groot skemas wat gelikwideer was en ons kyk wat die likwidasie kostes daaraan verbonde was, is dit skrikwekkend.Tydens die likwidasie word skuldeisers vergaderings gehou waar u, die eis teen die maatskappy moet bewys.
Onthou dat Sars is ook ‘n skuldeiser.

In sommige gevalle is beleggers gevra om die inkomste wat hulle uit die belegging verdien het, terug te betaal aan die likwidateurs.Etlike miljoene word deur die likwidateurs ingewin maar baie min word uitbetaal.

Onthou my vriende die gebou is huidiglik in ‘n maatskappy wat deur u besit word, en kan u die direksie sowel as die bestuur van die gebou verander.
Sterkte met u beleggings

Groete tot volgende keer

CA GROBLER
neels@vdberglaw.co.za

Monday 5 December 2011

Vakansieklubs en Tyddeel

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat dae getel word voordat ons die kantoor en werks mense agterlaat om te gaan rus, ooreet en meer geld te spandeer as wat ons normaalweg sou.

Selfs die suinigste van ons wat enige ander tyd van die jaar eers kyk wat kos ‘n sakkie sekelbos hout sal nou net stop en se “ Laai 10 sakkies op “ want braai gaan ons mos braai".

Maar ongelukkig is daar ook bemarkers wat nie kan wag vir ons gesindheid in Desember maande nie en die enigste ding wat soeter is as ‘n Desember waatlemoen is hulle bemarkings tegnieke
.
Gesoute , beproefde en vervolmaakte tegnieke.

Selfs op ons strande word ons voorgekeer en ‘n gratis ete kaartjie aangebied as ons net die bekendstelling sal kom bywoon. Of meneer jy het reeds een van drie pryse gewen, ‘n Televisie, Rekenaar of ‘n gratis vakansie al wat u moet doen is om op hierdie dag teen ‘n spesifieke tyd op te daag en u prys te kom opeis.

En nee meneer dit is nie tyddeel nie, ons verkoop nie tyddeel nie. Die naam tyddeel is uitgedien en hulle weet ons is negatief daaroor, so kom ons noem dit iets anders en siedaar vakansie klubs is gebore !

Die groot verskil tussen tyddeel en vakansie klubs is dat op vakansie klubs word net punte verkoop en nie ‘n gedeelte van die eiendom nie.Die punte word dan met ‘n uitruilskema beheer waar ons ‘n sekere aantal punte nodig het om by ‘n sekere plek op ‘n gegewe tydstip in die jaar kan Gratis vakansie gaan hou.

Die probleme wat egter in die laaste tyd hiermee vereenselwig word is dat daar nie altyd genoeg eiendom is om die punte te dek nie.Dit is vir ons nie almal moontlik om reeds ‘n jaar vooruit te bespreek nie en vir die persoon wat te laat skakel is die beskikbare vakansie plekke reeds volgeboek.

Dan die grootste probleem is die administratiewe heffings wat gevra word. Hierdie heffings beloop meer kostes per jaar as wat ons sou betaal het vir die verblyf as ons direk bespreek en betaal het.

Ek kan hierdie aankoop van punte ook met ‘n huwelik vergelyk. Spesifiek ‘n huwelik tussen pikkewyne aangesien ‘n pikkewyn net een lewensmaat kies vir die res van sy lewe. So meneer of mevrou sodra die transaksie beklink is woon gerus u vriendelike landros kantoor by en bevestig hierdie huwelik want die punte en die heffings is vir altyd.

Ek het verskeie vriende wat hulle punte met liefde aan u gratis sal skenk want eerstens kry hulle dit nie verkoop nie, of gratis weggee nie. Hulle kan dit ook nie kanselleer nie want hulle bly steeds vir die heffings verantwoordelik.

So aan al my Pikkewyne geniet hierdie Desember vakansie.

Groete tot volgende keer.

CA Grobler
neels@vdberglaw.co.za