Showing posts with label piramide skema. Show all posts
Showing posts with label piramide skema. Show all posts

Monday, 24 October 2011

Spyt kom te laat

Ek is so lief vir my volkie maar ek verstaan hulle soms glad nie !

Hoekom is ons mense bereid om geld in ‘n skema te bele teen honderde duisende rande selfs miljoene rande sonder om eers huiswerk te doen of nog beter deur ‘n professionele persoon te laat doen.

Die makelaar nader ons met die mooiste foto’s van ‘n projek en natuurlik ‘n gepaste storie wat daarmee gepaard gaan. Volgens hom is dit die regte voertuig om jou geld waarvoor jy ‘n leeftyd gewerk het te gebruik om finansiele onafhanklikheid te verseker. Hierdie projekte wissel van diamante wat van die seebodem geduik word tot ‘n nuwe olie neerslag in Mosambiek. Ek kan nog honderde van hierdie projekte opnoem maar sal geen doel dien nie want daar word daagliks nuwes bygevoeg.

Die strekking bly agter altyd dieselfde groot opbrengste en min risiko. Op hierdie stadium sal dit goed wees om die projek te laat ondersoek deur ‘n forensiese ondersoekbeampte en eerder R 3000.00 te spandeer en ‘n ingeligde besluit te neem. Maar nee ons bele eerder die geld en na die tyd spandeer ons duisende rande se regskostes om die geld terug te vorder sonder enige sukses. Indien daar nie bates is nie en daar is nie geld om terug te vorder nie kan ons niks terugkry nie.

My mense moet sekere feite verstaan, regulerende instansies soos byvoorbeeld die Raad op Finansiele dienste reguleer slegs instansies wat by hulle geregistreer is. Indien nie geregistreer nie word hulle nie gereguleer nie.

Die makelaars is in die meeste gevalle ook slagoffers aangesien hulle ook deur die produk verskaffer om die bos gelei word. En indien die makelaar en sy kliente al hulle geld verloor het en geen geloofwaardigheid by hulle kliente het nie , kry die sogenaamde produk verskaffer net ‘n nuwe perd om te ry.

Aan my makelaars vriende, onthou die klient bele in jou integriteit en glo in jou vermoens en gaan by jou die geld soek as dit eers weg is.Maak seker van jou produk verskaffer. As hy of sy produk onbekend is en hy niks het om weg  te steek nie vra hom of hy eers ondersoek kan word.Indien hy bereid is om dit te laat doen en die verslag is positief kan jy dit met ‘n skoon gewete aan jou klient verskaf.

Groete tot volgende keer

CA GROBLER

Neels@vdberglaw.co.za

Thursday, 13 October 2011

Multivlak bemarking of Piramide Skema

Ek is weereens genader deur ‘n multivlak bemarkings maatskappy met ‘n goeie produk. So ek dink dit is tyd dat ons vir ‘n oomblik stilstaan en daarna kyk.
Mense word normaalweg deur vriende genader om deel te neem aan hierdie nuwe wonderlike skema met die beloftes om groot geld te maak met min inset kapitaal en min moeite.

Ons word natuurlik weer aangedryf deur vrees en gierigheid die normale twee sondebokke van ons menswees.

Die vrees dat indien hierdie skema gaan werk en ek is nie deel daarvan nie gaan ek uitmis en natuurlik ons gierigheid om reeds dinge te koop in ons gedagtes met geld wat ons nog moet bekom. As dit bekend klink let dan asseblief op die volgende gevaartekens.
Indien jy enige fooi moet betaal soos administrasie fooi, registrasie fooi of enige vorm van lidmaatskap fooi is dit reeds die begin van ‘n piramide skema.
Indien die werwing van nuwe lede meer belangrik is as die bemarking van die produk is dit ‘n piramide skema.

Indien die produk net aan lede en nie aan die algemene publiek aangebied word nie is dit ‘n piramide skema.

Ons moet die vraag vra, as die produk so goed is hoekom word dit nie in kettingwinkels direk aan die publiek aangebied nie.
Indien hierdie produk soveel beter is as ander produkte hoekom kry u dan geld vir die werwing van nuwe lede.

Omdat daar soveel vlakke is wat elkeen ‘n gedeelte moet kry op die produk beteken dit dat die pryse so gelaai moet word dat dit nie kompeterend met soortgelyke produkte in die mark sal kan meeding nie.



Kom ons doen net die berekening op 9 vlakke met net 6 nuwe lede op elke vlak dan dink ons weer of dit moontlik is.

                                                                  6
                                                                  36
                                                                 216
                                                                1296
                                                                7776
                                                                46656
                                                               279936
                                                            1679616
                                                            10077696

Met ander woorde op vlak nege is ons reed verby 10 miljoen mense.
En op watter vlak het ek betrokke geraak moet eintlik die vraag wees.
Hierdie skemas maak nie net van ons slagoffers nie maar ook oortreders.
Kriminele oortreders wat bedrog klagtes in die gesig staar.
U gaan nie net u geld verloor nie maar ook kosbare vriende.
Die ou maar nie uitgediende gesegde as ‘n ding te goed is om waar te wees dan is dit waarskynlik so.       

Groete tot volgende keer

CA Grobler
Neels@vdberglaw.co.za