Showing posts with label ondersoeke. Show all posts
Showing posts with label ondersoeke. Show all posts

Monday, 14 November 2011

Sharemax

Ons volg Sharemax se agteruitgang sedert die Zambezi en die Villa sage begin het. Sharemax het goed gedoen en die kliente het vir jare hulle rente inkomste uit die gesindikeerde winkel sentrums ontvang.

Die groot verskil met die eerste sindikasies was dat sharemax net winkel sentrums aangekoop het wat reeds vir jare bestaan het met die regte mengsel van anker huurders. Die belegger het nie werklik in die gebou bele nie maar wel in die inkomste stroom vanaf die huurgeld.

Die beginsel is goed as die risikos nie te ver vooruit verdiskonteer word nie. En soos enige eiendom belegging is 5(vyf) jaar die tydperk waarna ‘n mens moet kyk as daar bele word. Sommige eiendom sindikasie maatskappye het sogenaamde voorsorg fondse ingebou maar dan word die risiko vergroot in so ‘n mate dat die termyn van 5(vyf) jaar nie meer genoeg is om groei te toon nie.

Sodra die sentrum ten volle gesindikeer is word die aandele oorgedra en die aandeelhouers is die nuwe eienaar van die sentrum.Dit is belangrik om daarop te let dat die sentrum inderdaad deur die nuwe aandeelhouers besit word en Sharemax net die bestuur van die gebou doen.

Met ander woorde die aandeelhouers kan ‘n nuwe direksie vir die sentrum aanstel sowel as ‘n nuwe huurbestuur. Mense dink foutiewelik dit is sharemax se gebou , die gebou behoort aan die aandeelhouers.

Die vraag wat ons moet vra hoekom is daar van ‘n wenresep afgewyk ?

Is dit Ego wat gestreel moes word van die direksie ?

Gulsigheid ?

Hoekom begin bou en waagkapitaal gebruik. Die meeste beleggers is pensionarisse wat afhanklik is van ‘n maandelikse inkomste, waar sal die inkomste vandaan kom terwyl daar gebou word ?

Word Pieter se geld gebruik om Paul te betaal ?

Ongelukkig is daar te veel vrae en geen antwoorde nie .
Die beslissing van die fais Ombud in die saak teen Barnes teen D Risk Insurance Consultants gaan verrykende gevolge vir die makelaars inhou.

Die makelaar in bogenoemde saak is bevel om die belegger se geld terug te betaal. Ek vermoed daar is baie makelaars wat glad nie meer slaap na hierdie beslissing nie.
Dit sal hopelik die makelaars in die toekoms twee keer laat dink voordat hulle net kommissie aangedrewe beleggings maak.

Groete tot volgende keer

CA GROBLER
Neels@vdberglaw.co.za

Monday, 7 November 2011

Mediese rekeninge en Skuldinvorderaars

Tyd om weer met my mense te raas. Mediese rekeninge is aan die orde van die dag, en daar is altyd daardie ekstra rekening wat opdaag 3(drie) maande nadat  ons die hospitaal verlaat het. Die persoon sal u ook in kennis stel dat die mediese fonds reeds die hospitaal rekening betaal het maar dat hierdie ekstra R 217.80 nie deur die medies gedek is nie en dat u verantwoordelik vir hierdie rekening is. Die rekening kan wissel van ‘n mediese dokter tot medikasie wat in die hospitaal aan u uitgereik is.

Indien die rekening van die dokter of die hospitaal direk is gee maar liefs aandag aan die rekening maar as die volgende meer bekend klink stel maar eers ondersoek in.
‘n Finale aanmaning word aan u gestuur van ‘n invorderings maatskappy af wat u meedeel dat hierdie bedrag reeds 90(negentig) dae agterstallig is en as u nie verdere regs aksies teen u en u goeie naam wil he nie moet die bedrag onmiddelik vereffen word.

Bankbesonderhede word in dieselfde aanmaning verskaf en omdat ons nie geswartlys wil word nie betaal ons dadelik hierdie rekening. Gelukkig is dit net R 217.80 en nie duisende rande nie.Moet ons nie eerder die vraag vra, hoekom is hierdie die finale aanmaning en wat het van die eerste aanmaning geword nie ?

Die rede hiervoor is bedrog aan die kant van die invorderaar !!!
Daar is misdadigers wat die registers van die hospitale bekom en vir pasiente wat onlangs ontslaan is fiktiewe rekeninge stuur. Hulle is ook slim genoeg om nie te groot bedrag te vra nie maar ‘n redelike bekostigbare bedrag.Hulle stuur nie vir een persoon ‘n rekening vir duisende nie maar vir duisende mense klein rekenings en op die manier steel hulle miljoene rande.  Ons vrees vir hofsake en vrees vir ons goeie naam maak dat ons eerder betaal.

Onthou dat slegs ‘n prokureur kan invorderings koste by die bedrag wat u verskuldig is bysit. Geen invorderaar kan kostes hef nie en oortree artikel 60(1) van die Wet op Landroshowe  en as hy hom as ‘n prokureur voorgedoen het om skuld te vorder aan artikel 83 (1) van die Wet op Prokureurs.

Vra die persoon of hy ‘n prokureur is en of hy bewus is daarvan dat hy die wet oortree indien hy enige regskostes hef van die skuldenaar as hy nie ‘n prokureur is nie. Uit ondervinding het ek gevind dat my kliente nooit weer ‘n oproep van die invorderaar sal kry nie.

Daar is ‘n Raad vir skulkinvorderaars en word gereguleer deur Wet 114 van 1998. Die invorderaar mag u nooit dreig nie, hy mag u ook nie beledig om u van wanbesteding te beskuldig nie.Indien u regshulp inwin mag hy daarna ook nie weer direk met u kontak maak nie maar moet deur u regsverteenwoordiger werk.

Groete tot volgende keer.

CA GROBLER
neels@vdberglaw.co.za

Monday, 24 October 2011

Spyt kom te laat

Ek is so lief vir my volkie maar ek verstaan hulle soms glad nie !

Hoekom is ons mense bereid om geld in ‘n skema te bele teen honderde duisende rande selfs miljoene rande sonder om eers huiswerk te doen of nog beter deur ‘n professionele persoon te laat doen.

Die makelaar nader ons met die mooiste foto’s van ‘n projek en natuurlik ‘n gepaste storie wat daarmee gepaard gaan. Volgens hom is dit die regte voertuig om jou geld waarvoor jy ‘n leeftyd gewerk het te gebruik om finansiele onafhanklikheid te verseker. Hierdie projekte wissel van diamante wat van die seebodem geduik word tot ‘n nuwe olie neerslag in Mosambiek. Ek kan nog honderde van hierdie projekte opnoem maar sal geen doel dien nie want daar word daagliks nuwes bygevoeg.

Die strekking bly agter altyd dieselfde groot opbrengste en min risiko. Op hierdie stadium sal dit goed wees om die projek te laat ondersoek deur ‘n forensiese ondersoekbeampte en eerder R 3000.00 te spandeer en ‘n ingeligde besluit te neem. Maar nee ons bele eerder die geld en na die tyd spandeer ons duisende rande se regskostes om die geld terug te vorder sonder enige sukses. Indien daar nie bates is nie en daar is nie geld om terug te vorder nie kan ons niks terugkry nie.

My mense moet sekere feite verstaan, regulerende instansies soos byvoorbeeld die Raad op Finansiele dienste reguleer slegs instansies wat by hulle geregistreer is. Indien nie geregistreer nie word hulle nie gereguleer nie.

Die makelaars is in die meeste gevalle ook slagoffers aangesien hulle ook deur die produk verskaffer om die bos gelei word. En indien die makelaar en sy kliente al hulle geld verloor het en geen geloofwaardigheid by hulle kliente het nie , kry die sogenaamde produk verskaffer net ‘n nuwe perd om te ry.

Aan my makelaars vriende, onthou die klient bele in jou integriteit en glo in jou vermoens en gaan by jou die geld soek as dit eers weg is.Maak seker van jou produk verskaffer. As hy of sy produk onbekend is en hy niks het om weg  te steek nie vra hom of hy eers ondersoek kan word.Indien hy bereid is om dit te laat doen en die verslag is positief kan jy dit met ‘n skoon gewete aan jou klient verskaf.

Groete tot volgende keer

CA GROBLER

Neels@vdberglaw.co.za

Nigerie 419

Hierdie skema is reeds meer as 12 jaar aan die gang en ek het nie gedink dit is nodig om weer daaroor te gesels nie maar nadat kliente van my ‘n maand gelede ingedoen is moet ons maar weer daaroor praat.

Twee van my kliente het ‘n skrywe per e-pos ontvang waarin hulle meegedeel is dat ‘n groep sakemanne in Nigerie sukkel om geld vanaf ‘n besigheids transaksie uit die land uit te kry.Indien hulle hiermee behulpsaam sou wees, sal 30% van     $ 60 000 000.00 aan hulle oorbetaal word. Wie sal nie $ 18 000 000.00 wil he nie. Miljoeners oornag  sonder om veel daarvoor te doen.

Hulle het telefonies met die Nigeriese burgers in aanraking gekom en kort daarna ‘n e-pos van The Central Bank of Nigeria ontvang wat die transaksie bevestig het.
Kort hierna het hulle na Lagos gevlieg waar hulle ingewag is deur die sakemanne wat hulle rondgewys het. Hulle het selfs bankamptenare ontmoet wat na bewering die skrywe aan hulle gestuur het.

Hulle is om geen geld gevra nie wat die transaksie meer geloofwaardig gemaak het. Die Nigeriers het wel vir hulle gese dat die transaksie met ses maande uitgestel gaan word aangesien daar regskostes is van $ 50 000.00 maar dat hulle nie verwag dat my kliente dit moet betaal nie.Die sakemanne het hulle versoek om terug te keer na Suid Afrika en te wag vir verdere instruksies.

My kliente het besluit dat hulle soveel geld gaan maak dat hulle die $ 50 000.00 sal betaal en het inderdaad die geld oorbetaal.So is ‘n verdere $ 5 000.00 versoek om aan die “Business Hubb”oor te betaal wat die transaksie sal fasiliteer in Mauritius.

Drie dae later is hulle versoek om die kliente in Mauritius te ontmoet waar hierdie transaksie gefinaliseer kan word.My kliente moes natuurlik vir almal se vliegtuigkaartjies betaal. Die Nigeriese burgers sou vir die hotel akkommodasie betaal. Die Nigeriers is reeds die woensdag deur Mauritius toe en my kliente het die vrydag gevlieg. Hulle het saam in dieselfde hotel gebly en die maandagoggend sou hulle na die business hub gaan soos die Nigeriers dit gestel het om die dokumentasie finaal te teken.

Die maandag oggend was daar geen teken van die Nigeriers nie en volgens die hotel het hulle reeds sondag aand teruggevlieg en die hotel rekening oop my kliente se naam geboek. Ter inligting die “Business Hub “ is ‘n wyse van spreke mense en nie ‘n fisiese gebou nie.

Gierigheid het natuurlik weer ‘n rol gespeel aangesien my een klient reeds ‘n nuwe Toyota Prado aangeskaf het en die ander klient ‘n nuwe huis wat hy nie kan beskostig nie gaan koop het met ‘n groot deposito want sien daar is miljoene oppad. Hulle het hierdie voertuig sowel as die huis verloor.Hulle totale verlies was R 700 000.00 sonder die voertuig en die huis.Hierdie skema begin altyd deur ‘n epos of faks wat u ontvang. Die skrywe is nooit aan u persoonlik gerig nie maar eerder aan die besturende direkteur, die President van die maatskappy ensovoorts.

U word vertel dat u hulp benodig word om geld uit Nigerie of ‘n ander Afrika land oor te plaas. Die persoon het normaalweg of geld geerf of is senior amptenaar van die regering of ‘n verteenwoordiger van ‘n instansie soos Die Nigerian National Petroleum Corporation wat geld wil oorplaas uit “The Central Bank of Nigeria “  die instansie is egter nie instaat om die geld oor te plaas sonder die hulp van ‘n buitelandse persoon nie. Dit is ook normaalweg geweldige bedrae soos $ 40 000 000.00. hulle beloof dan dat indien u behulpsaam sal wees sal die verdeling as volg wees. 70% vir hulle en 30 % vir u.

Hulle weet dat 30% van 40 miljoen dollar enige person se belangstelling sal prikkel. Die skrywe word ook spoedig opgevolg deur ‘n skrywe van The Central Bank of Nigeria af wat natuurlik hierdie transaksie bevestig.Die skrywes is ook altyd gemerk “urgent “ “confidential “ en u sal merk dat hierdie skrywes normaalweg vol spelfoute is.

Die outeur van die skrywes het ook in baie gevalle titels soos Dr, Chief, Barrister of prins of prinsses.Die slagoffer gee dan aan hierdie persone sy bank besonderhede asook kontak besonderhede. Hulle vra selfs ‘n skoon briefhoof aan sodat hulle kan vasstel of die maatskappy werklik bestaan.

Sommige mense wat Nigerie besoek het is daar as gyselaars aangehou en geld vir hulle Vryheid word geeis. In sommige gevalle is van die slagoffers daar vermoor.

Hierdie skema word wereldwys geken as Nigerie 419 aangesien all dade waar wanvoorstelling plaasvind onder artikel 419 van die Nigeriese wetgewing as bedrog verwys.

Indien enige van hierdie voorvalle gebeur DINK ASSEBLIEF VERDER

Groete tot volgende keer

CA GROBLER

Neels@vdberglaw.co.za

Thursday, 13 October 2011

Die Afgetrede Teiken (3 Die Wet)

3. Die wet
Die misdadigers word normaalweg vir ‘n gemenskaplike misdryf bedrog aangekla tesame met artikel 11 van die bankwet.
Die klagtes van bedrog val normaalweg weg en slegs die klagte van die oortreding van die bankwet bly staan. Die rede hiervoor is dat dit nie prakties uitvoerbaar is om die persone vir bedrog aan te kla nie. Elke bedrog klagte moet individueel en afsonderlik bo redelike twyfel deur die staat bewys word.
Dit beteken dat dag, datum tyd en plek van voorval bewys moet word en alle betrokke persone wat deel was van die spesifike transaksie moet daaroor getuig. Dit beteken die belegger, die agent wat hom genader het en enige oogetuies wat die transaksie gesien het. Verder moet die dokumentasie wat in die transaksie beteken is voor die hof bewys word asook bewys dat daar werklik geld oorbetaal is vanaf die slagoffer na die instansie. Al hierdie dokumentasie kan betwis word. Al hierdie prosedures moet gevolg word in elke transaksie waarvoor die beskuldigde aangekla word. In die meeste gevalle is daar duisende beleggers betrokke. Wat beteken dat duisende mense in die hofsaak moet getuig. En na die getuienis afgele is het die verdediging natuurlik die reg tot kruisondervraging. Met ander woorde al kan selfs 2 getuies per dag getuig en gekruisondervra word sal ‘n saak soos krion, gaius ens jare duur om net die mondelikse getuienis af te handel.
Dus word die persone vir artikel 11 van die bankwet aangekla. Dit is ‘n statutere oortreding wat enige persoon verbied om as ‘n bank handel te dryf sonder om as ‘n bank geregistreer te wees. Vir vonnis oplegging word die klagtes normaalweg saamgelees as een klagte. Die maksimum vonnis vir ‘n oortreding van die bankwet is 5 jaar gevangenisstraf.
So as die misdadiger R 500 miljoen kan steel en 5 jaar gevangenisstraf daarvoor uitdien is dit vir hom steeds ‘n goeie besigheid.
                                
  
4. Die Polisie
Die Suid afrikaanse polisie diens en meer spesifiek die handelsmisdaadeenheid hanteer en ondersoek witboordjie misdade. Die polisie kan egter slegs optree nadat ‘n misdryf gepleeg is en hulle inligting onder eed ontvang het. In hierdie stadium het die belegger ongelukkig reeds sy geld verloor en sal dit hom nie terug sit in die finansiële posisie wat hy was voor hy die belegging gedoen het nie.

5. Wenke vir goeie beleggings
Hiedie wenke is nie ‘n aanduiding waarin om te belê nie maar eerder waarna om op die uitkyk te wees voor u die belegging gedoen het.
1. Indien die agent op kontant aandring wees versigtig.
2. Indien u buitensporige opbrengste aangebied word.
3. Indien die kontrak ‘n samerwerkings ooreenkoms is.
4. Indien die kontrak slegs na die agent en nie na die maatskappy verwys nie.
5. Indien die maatskapy se naam of registrasie nommer of die name van die direkteure nie op die kontrak    voorkom nie.
6. Indien daar nie ‘n prospektus is wat geregistreer is nie.
7. Indien die agent kriewilrig is as u die egtheid van die dokumentasie wil verivieer.
8. Indien die agent wil he u moet ‘n onmiddelike besluit neem aangesien dit slegs vir ‘n paar mense plek is om aan deel te neem.
9. Indien u ‘n nie openbaarmakings dokument moet teken
10. Indien die agent vaag is op welke wyse die maatskappy sy geld verdien

6. Slotsom
Ek wil dit weereens beklemtoon dat alle finansiele adviseurs,. Bemarkers of makelaars nie oneerlik is of daarop uit is om u te bedrieg nie. In die meeste gevalle sal die persone in u belang optree solank ons net weet daar is witboordjie misdadigers daarbuite wat ‘n studie van u omstandighede maak en presies weet hoe om sy slagoffer te benader en uit te buit.
Geniet u goue jare !!



Groete tot volgende keer

CA Grobler
Neels@vdberglaw.co.za

Bekendstelling

Goeie more my volkie,
Ek het besluit om hierdie artikels te plaas vir my mense. Deur die jare het ek soveel mense sien swaar kry as gevolg van oningeligte besluite en omdat dit in ons menswees, as Afrikaner, is om maklik te vertrou.
Dit is dus my hoop om deur hierdie artikels dan ons sommige verliese en tragedies voorkom. Ek hoop dat hierdie artikels 'n waardevolle bydrae tot u lewens kan lewer en verwelkom enige vrae en kommentaar.
Vriendelike Groete,
C.A. Grobler