Showing posts with label lenings. Show all posts
Showing posts with label lenings. Show all posts

Thursday, 13 October 2011

My vriend die plaasboer

Met ‘n skoon oopgesig soos dit ‘n goeie boerseun betaam steek hy sy hand uit as hy die boer groet , kyk hom in die oe en stel homself voor.

Hy weet van die plaasboer se probleem want hy het daarvan te hore gekom by oom Piet die buurman. Hy verstaan dat die plaas nie sy volle potensiaal kan bereik sonder daardie broodnodige addisionele kapitaal nie.

Met die beplande nuwe uitbreiding op die plaas kan hierdie resessie met sukses afgeweer word. Hy verteenwoordig ‘n maatskappy wat kapitaal vanaf die buiteland kan bekom wat geoogmerk is om verligting vir boere te bring.

Die fondse kan natuurlik uit verskeie bronne beskikbaar wees, Die wereldbank, Die internasionale monotere fonds wat handel dryf met bank instrumente en tien minute later knik die plaasboer instemmend maar verstaan lankal nie meer wat die oulike jong man aan hom vertel nie.

Maar ons word aangedryf deur vrees. Want se nou maar net dat hierdie skema moontlik is dan is al die probleme op ‘n end.So jong man verduidelik asseblief vir my hoe dit werk.Oom moet net die aansoekvorm voltooi en daarna word dit deur hoofkantoor ge-evalueer en indien oom se aansoek suksesvol is kan die geld binne 10 werksdae beskikbaar wees.

Geen gelde is natuurlik vooraf betaalbaar nie want ons is nie skelms nie.
Daar sal egter ‘n 0.5 % betaalbaar wees na die bedrag in die rekening inbetaal word.
Indien die aansoek onsuksesvol is sal daar natuurlik geen kostes wees nie.
So oom plaasboer het niks om te verloor nie.
Die aansoek sal natuurlik ‘n beter kans staan vir goedkeuring as die bedrag 1 miljoen Doller oorskry.
Die aansoek vorms word voltooi en die jong man is daar weg.
Oom plaasboer bel natuurlik vir Piet die buurman wat erken sy aansoek is al reeds in en wag vir ‘n antwoord.
Wel in daardie geval moet ons maar ‘n paar ander boere hiervan vertel soos dit ‘n goeie buurman betaam.

Op die wyse word 10 en meer aansoeke in ‘n paar dae voltooi.
Die jong man skakel terug en vra die boere om hom sommer almal op een plaas te kry.
Op hierdie heugelike dag word die goeie nuus dan meegedeel dat almal se aansoeke goedgekeur is en dit is die eerste keer dat so iets gebeur.
So al wat nou moet gebeur is 10 dae wag periode.
So 5 dae later is die jong man terug met dokumentasie van ‘n buitelandse bank af wat bewys lewer dat die fondse goedgekeur is en die bankrekening nommers waar die geld inbetaal moet word, word nou bevestig.

Op dag 10 word die plaasboer gekontak en die vriendelike jong man doen die meededeling dat die geld oorgeplaas kan word sodra die buitelandse prokureur betaal word. Gelukkig is dit nie baie nie en slegs 5000 dollar per boer. Maar wat is 5000 dollar as die 1 miljoen dan nou beskikbaar is.

Die geld word in een dag van al die boere ontvang en die jong man is weg

Vir altyd....

Groete tot volgende keer

CA GROBLER
Neels@vdberglaw.co.za

Die Afgetrede Teiken (3 Die Wet)

3. Die wet
Die misdadigers word normaalweg vir ‘n gemenskaplike misdryf bedrog aangekla tesame met artikel 11 van die bankwet.
Die klagtes van bedrog val normaalweg weg en slegs die klagte van die oortreding van die bankwet bly staan. Die rede hiervoor is dat dit nie prakties uitvoerbaar is om die persone vir bedrog aan te kla nie. Elke bedrog klagte moet individueel en afsonderlik bo redelike twyfel deur die staat bewys word.
Dit beteken dat dag, datum tyd en plek van voorval bewys moet word en alle betrokke persone wat deel was van die spesifike transaksie moet daaroor getuig. Dit beteken die belegger, die agent wat hom genader het en enige oogetuies wat die transaksie gesien het. Verder moet die dokumentasie wat in die transaksie beteken is voor die hof bewys word asook bewys dat daar werklik geld oorbetaal is vanaf die slagoffer na die instansie. Al hierdie dokumentasie kan betwis word. Al hierdie prosedures moet gevolg word in elke transaksie waarvoor die beskuldigde aangekla word. In die meeste gevalle is daar duisende beleggers betrokke. Wat beteken dat duisende mense in die hofsaak moet getuig. En na die getuienis afgele is het die verdediging natuurlik die reg tot kruisondervraging. Met ander woorde al kan selfs 2 getuies per dag getuig en gekruisondervra word sal ‘n saak soos krion, gaius ens jare duur om net die mondelikse getuienis af te handel.
Dus word die persone vir artikel 11 van die bankwet aangekla. Dit is ‘n statutere oortreding wat enige persoon verbied om as ‘n bank handel te dryf sonder om as ‘n bank geregistreer te wees. Vir vonnis oplegging word die klagtes normaalweg saamgelees as een klagte. Die maksimum vonnis vir ‘n oortreding van die bankwet is 5 jaar gevangenisstraf.
So as die misdadiger R 500 miljoen kan steel en 5 jaar gevangenisstraf daarvoor uitdien is dit vir hom steeds ‘n goeie besigheid.
                                
  
4. Die Polisie
Die Suid afrikaanse polisie diens en meer spesifiek die handelsmisdaadeenheid hanteer en ondersoek witboordjie misdade. Die polisie kan egter slegs optree nadat ‘n misdryf gepleeg is en hulle inligting onder eed ontvang het. In hierdie stadium het die belegger ongelukkig reeds sy geld verloor en sal dit hom nie terug sit in die finansiële posisie wat hy was voor hy die belegging gedoen het nie.

5. Wenke vir goeie beleggings
Hiedie wenke is nie ‘n aanduiding waarin om te belê nie maar eerder waarna om op die uitkyk te wees voor u die belegging gedoen het.
1. Indien die agent op kontant aandring wees versigtig.
2. Indien u buitensporige opbrengste aangebied word.
3. Indien die kontrak ‘n samerwerkings ooreenkoms is.
4. Indien die kontrak slegs na die agent en nie na die maatskappy verwys nie.
5. Indien die maatskapy se naam of registrasie nommer of die name van die direkteure nie op die kontrak    voorkom nie.
6. Indien daar nie ‘n prospektus is wat geregistreer is nie.
7. Indien die agent kriewilrig is as u die egtheid van die dokumentasie wil verivieer.
8. Indien die agent wil he u moet ‘n onmiddelike besluit neem aangesien dit slegs vir ‘n paar mense plek is om aan deel te neem.
9. Indien u ‘n nie openbaarmakings dokument moet teken
10. Indien die agent vaag is op welke wyse die maatskappy sy geld verdien

6. Slotsom
Ek wil dit weereens beklemtoon dat alle finansiele adviseurs,. Bemarkers of makelaars nie oneerlik is of daarop uit is om u te bedrieg nie. In die meeste gevalle sal die persone in u belang optree solank ons net weet daar is witboordjie misdadigers daarbuite wat ‘n studie van u omstandighede maak en presies weet hoe om sy slagoffer te benader en uit te buit.
Geniet u goue jare !!



Groete tot volgende keer

CA Grobler
Neels@vdberglaw.co.za

Bekendstelling

Goeie more my volkie,
Ek het besluit om hierdie artikels te plaas vir my mense. Deur die jare het ek soveel mense sien swaar kry as gevolg van oningeligte besluite en omdat dit in ons menswees, as Afrikaner, is om maklik te vertrou.
Dit is dus my hoop om deur hierdie artikels dan ons sommige verliese en tragedies voorkom. Ek hoop dat hierdie artikels 'n waardevolle bydrae tot u lewens kan lewer en verwelkom enige vrae en kommentaar.
Vriendelike Groete,
C.A. Grobler