Thursday 15 December 2011

Likwidasie, Sharemax of PicVest

Verskeie dreigemente van likwidasie aansoeke  is op baie aandeelhouers van Sharemax en PicVest se lippe. Die beleggers het hoofsaaklik in ‘n inkomste produk belê, en is afhanklik van die maandelikse inkomste uit hierdie sindikasie beleggings.

Ons is ook bewus daarvan dat beide hierdie twee skemas alle pogings aanwend om likwidasie te vermy, en ek dink ons moet vir ‘n oomblik stilstaan en vra hoekom.
Ek dink ons moet eers die likwidasie proses verstaan voordat ons bogenoemde vraag probeer beantwoord.

‘n Likwidateur of prokureur het net een belegger nodig om ‘n aansoek te loods teen ‘n spesifieke sindikasie. Die aansoek word ingedien en die sindikasie wat in ‘n spesifieke regsentiteit is kry die geleentheid om die aansoek teen te staan.

So die aansoek is nie teen Sharemax of PicVest gerig nie maar teen die maatskappy waaring die gebou gesindikeer is.Sharemax en PicVest was slegs die fasiliteerdeer en besit nie aandele in die gebou en of die regsentiteit waarin die sindikasie plaasgevind het nie.

Mense dink verkeerdelik dat hulle by Sharemax of Picvest geld belê het.
Die belegger het direk in ‘n spesifieke maatskappy belê wat ‘n afsonderlike regsentiteit is van Sharemax of PicVest.Die prospektus sal ook aandui dat hulle slegs die promoter was van die sindikasie.

Die meeste van die geboue se waarde is minder as die bedrag waarvoor die sindikasie waarde was. Maar met goenoeg tyd toegelaat sal die geboue onder die regte bestuur wel kapitaal groei bereik.Onthou die belegging was geskoei op die inkomste stroom van die sentrum en nie die baksteen waarde nie.

As gevolg van die ekonomie het huurders ook begin swaarkry en sukkel om die huur te betaal.Indien ‘n likwidasie aansoek suksesvol is, word daar na die baksteenwaarde gekyk en die beleggers gaan verloor. Die enigste persone wat werklik geld gaan maak met die likwidasie is die likwidateurs.

As ons kyk na vorige groot skemas wat gelikwideer was en ons kyk wat die likwidasie kostes daaraan verbonde was, is dit skrikwekkend.Tydens die likwidasie word skuldeisers vergaderings gehou waar u, die eis teen die maatskappy moet bewys.
Onthou dat Sars is ook ‘n skuldeiser.

In sommige gevalle is beleggers gevra om die inkomste wat hulle uit die belegging verdien het, terug te betaal aan die likwidateurs.Etlike miljoene word deur die likwidateurs ingewin maar baie min word uitbetaal.

Onthou my vriende die gebou is huidiglik in ‘n maatskappy wat deur u besit word, en kan u die direksie sowel as die bestuur van die gebou verander.
Sterkte met u beleggings

Groete tot volgende keer

CA GROBLER
neels@vdberglaw.co.za

No comments:

Post a Comment